Pages

Monday, October 27, 2008

Mara's catching up with a Vengeance ...

Yikes, this newbie is working around the clock to catch up - Well done, Mara ...
This is Challenge No. 2 - the Meaning of Mara's Name ..


Real interesting journaling ...
Oorsprong:

Eksodus 15:23-25

23: En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.

24: Toe murmureer die volk teen moses en sê: Wat moet ons drink?

25: En hy het die Here aangeroep, en die Here het hom 'n stuk hout gewys; dit he hy in die water gegooi, die water het soet geword.

1. Net soos die Here die waters van Mara soet gemaak het, maak Hy daagliks die bitter van my lewe soet. Hy vergewe my sonde net soos ek die vergewe wat teen my sondig. God se genade is groot en elke keer as die bitterheid in my opkom, word dit soet. Soeter as soet.

2. En al sou ek kon kies, sou dit niks anders wees nie, as die naam wat aan my gegee is nie.
Mara.

Ek dra die naam met trots. En deur die Bybel versies weet ek hoe gelukkig ek is. My naam is Mara.

3. As kind het ek gevoel dat ek gespot word as ek bitterwater genoem was, maar vandag wil ek vir elkeen wat my so genoem het tong uitsteek en sê WE! Die bitter het soet geword. My naam IS Mara.

And Challenge No. 8 - All about her Family ...

Meet Mara's Family ...
1. J – Die liefde van my lewe. Jy rock my wereldjie. Jy laat my iewers behoort. Jy is my anker en my alles. Jy is meer as net my man, my lewensmaat vir nou en vir altyd. En ek min jou so.

2. S – Jou skugter glimlaggie is die lig in ons lewe. Jou trotse, edele houding is so eie aan jou en maak dat mense baie van jou hou. Mag jy altyd so nederig, opreg en eerlik bly soos nou.

3. A – Soms voel dit of ons as ouers faal, maar ek weet jy is lief vir ons. Jy is o intellegent en 'n blink toekoms wink vir jou. Gryp die geleenthede en benut hulle. Onthou jy sal altyd ons kind bly.

4. D – Ai my seun hoe het die lewe jou nie l benadeel nie. Jy het sterk gestaan en heel anderkant uitgekom. Ons bly lief vir jou. Jy is 'n regte grapmaker. Mag jy altyd so vol lag en grappe en humor wees.

5. N – Ons eie kerskgeskenk. Hoe pragtg is jy nie. Op ie drumpel van die lewe staan jy. Jy is 'n regte prinsessie in ons oë. Mag die sterre hul geheimenisse met jou deel en jou altyd toevou in liefde.
My gesin. My familie. My lewe. Elkeen uniek, met sy eie persoonlikheid maar saam gebind deur 'n sterk band. Bloed is immers dikker as water. Elkeen is 'n skakel in hierdie lewens ketting van my. Julle maak my wie ek is, julle is my geluk en my vreugde, my alles, my hele lewe.
Thanks, Mara - outstanding ...
Love,

2 comments:

Desire Fourie said...

Well done Mara. Its great to learn more about you.

Michelle Ramsay said...

Lovely layouts - well done Mara